News

Dié hengelaars ken al die regte ’doepas’

Middelburg se hengelaars ken al die beste doepas om die grootste visse uit te trek!

 

Reuse visse is die afgelope paar weke uitgetrek en is dit duidelik dat ons plaaslike hengelaars wéét watter toorgoedjies en kunsaas om te gebruik.

Die volgende hengelaars het trots vertel van die visse wat gevang is.

• Stephen Watson het by Roodekoppiesdam gaan hengel laasweek en het hy sakke vol karps gevang!

Hy het twee van 20kg, een van 19.9kg, een van 17.9 en ‘n paar van 16kg, 14kg en 12kg uitgetrek. Die kleinste karps was tussen vyf en agt kilogram.

@middelburgobserver

Stephen Watson wys reuse karps wat hy gevang het

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

• Johan Els het onder Loskopdamwal ’n knewel kurper gevang. Hy het ongelukkg nie die kurper geweeg nie, maar het darem die foto as bewys!

Johan Els Met sy kurper.

• Jason Kihn het drie spekvet swartbaars gevang!
Hy het die naweek met sy boot by die Middelburgdam se inloop, naby die N4 hoofweg, ‘n swartbaar van 5.5kg, een van 3kg en 2kg gevang.

Jason Kihn met sy 5.5kg swartbaar.

 

• Dawie du Randt het Sondag omstreeks 17:00 ’n karp van 15.55kg by Seekoeigat uitgetrek. Dit is die grootste karp wat hy nog ooit gevang het.

Theuns Schoeman wens Dawie du Randt geluk met sy 15.55kg karp.

 

 

 

 

Back to top button