NG Kerk Rietkuil se basaar op 31 Augustus!

Die NG Kerk, Rietkuil gemeente, hou op 31 Augustus vanaf 09:00 basaar!

Al die basaarlekkertes waaraan jy kan dink, sal beskikbaar wees.

Die tafels sal breek onder al die snuisterye, met van pannekoek tot nagereg, ’n koektafel met tuisgebakte eetgoed, lekkergoed, skaapkerrie en rys, boereworsrolle en vleis.

Die jongklomp sal besig gehou word met speletjies, perdry en ’n springkasteel.

Enige navrae kan aan die Kerkkantoor gerig word by 082 925 9287.

Exit mobile version