News

Dwelmlaboratorium-saak: Steeds geen borg-uitspraak

Daar is steeds nie uitspraak gelewer in die borgaansoek van twee van die vyf beskuldigdes in die R2 miljard dwelmfabrieksaak nie.

Die vyf mans wat vandag weer in die Groblersdal Landdroshof verskyn het, nadat ’n dwelmlaboratorium op ’n plaas buite Groblersdal deur die Valke oop gevlek is, is reeds ’n maand in aanhouding.

Daar is weer nie uitspraak gelewer in twee van die beskuldigdes, Roelof Frederik Botha (57) en Simphiwe Melvin Khumalo (34), se borgaansoek nie.

Die ander beskuldigdes, Meksikaners Alejandro Gutierrez Lopez (43), Jorge Humberzo Gonzalez (53) en Ruben Vidal Rodriguez (44) het al tydens ’n vorige verskyning voorlopig hul aansoeke om borg laat vaar.

Kruisondervraging is vandag deur die verdediging voortgesit vir die borgaansoek van Botha en Khumalo.

Vandag het die staat ook ’n aansoek ingedien om hul saak te heropen, nadat nóg inligting navore gekom het.

Die landdros, Bogi Mashele, het die aansoek aanvaar, aangesien dit duidelikheid sou bied vir sy besluit op die uitspraak van Botha en Khumalo se borgtogaansoek.

Kruisondervraging is daarna deur die verdediging voortgesit, waarna die saak uitgestel na 3 September vir borguitspraak.

• Die beskuldigdes staan tereg op klagtes van die vervaardig van onwettige dwelmmiddels, handeldryf in die middels, of alternatiewelik die besit daarvan, asook geldwassery.
Die staat voer aan dat hulle die beweerde misdade met ’n gemeenskaplike doel gepleeg het.

• Omdat die dwelms ’n geskatte waarde van meer as R1 miljard het, maak die klagtes deel uit van ’n skedule vyf oortreding, en staan die staat dus hul borgtogaansoeke teen.

Lees meer hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/08/20/vyf-nou-in-hof-vir-r2-miljard-dwelmfabriek/

Back to top button