News

Rooies Tekkiewedloop Woensdag

Die Rooies Atletiekklub bied Woensdag weer hul jaarlikse Rooies Tekkiewedloop om 18:00 by HTS Middelburg aan.

Daar is ’n 10km wedloop, asook ’n 4.9km pretloop.

Die kategorieë (mans en vroue) waaraan deelgeneem kan word, sluit in: ope, junior, 40+, 50+ 60 en stappers.

• Geregistreerde atlete moet daarop let dat hulle in vol klubklere moet deelneem.

• 2024 Wedloopnommers moet op die voor- en agterkant van frokkies verskyn. Tydelike nommers sal beskikbaar wees.

• Vir enige navrae, skakel Theuns Luus by 083 630 8729.

Check Also
Close
Back to top button