News

11 Leeus loop rakelings by wildkykers verby

Om ’n leeu te sien op Safari in die wildtuin is een ding, maar om op één aand, gelyktydig 11 leeus te sien, is ’n voorreg wat min mense beskore is!

Middelburgers Johannes en Elsie Vermooten (DA raadslid) was saam met hul vriende, Piet en Judy Jordaan, vir ’n paar dae in die Nasionale Krugerwildtuin en kon Donderdagaand hul geluk byna nie glo nie.

Elsie en Johannes Vermooten.

Hulle was op hul laaste wilduitstappie vir die week, toe daar 11 leeus, drie jong mannetjies en agt wyfies, doodluiters verby die egpaar se voertuig loop.

• Op die videomateriaal hoor ’n mens hoe Elsie vir haar kleinkinders vertel wat afspeel voor hulle en het sy dit kort daarna vir hulle gestuur, sodat hulle in die opwinding kon deel.

’n Skermskoot van Elsie Vermooten se video.

• Elsie het die video goedgunstiglik beskikbaar gestel vir publikasie.

@middelburgobserver

A Pride of 11 Lions were spotted travelling together in the Kruger National. The group consisted of three young males and eight strong females. The footage was captured by Local DA Councillor Elsie Vermooten, who also speaks in the video. She is narrating for her grandchildren, with whom she immediately shared the video. #krugernationalpark #lions #middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Back to top button