Desmond word Donderdag ter ruste gelê

Die jong motoris wat Vrydagaand gesterf het in ’n ongeluk, sal Donderdag begrawe word.

Desmond van der Merwe (36) wat deur sy ouers, Manie genoem is, is Vrydagaand tussen 20:00 en 20:30 opslag dood nadat sy kar op die kruising van Hexrivier- en John Magagulastraat deur ’n Ford bakkie getref is.

Volgens Desmond se ouers, Desmond (snr) en Marina van der Merwe, was hy op pad huis toe van die werk af ten tyde van die ongeluk.

Die begrafnisdiens vind hierdie Donderdag om 11:00 by Corpus Christi plaas.

• ’n Huldeblyk oor Desmond se lewe verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Lees ook:

Collision in Aerorand leaves young driver dead

Exit mobile version