Wees op die uitkyk: Wit Ford bakkie pas in Cowen Ntulistraat gesteel

’n Wit Ford bakkie is pas in Cowen Ntulistraat gesteel en inwoners word gevra om op die uitkyk te wees!

’n Ford bakkie is omstreeks 14:35 gesteel en is die laaste keer in SADC-straat, naby die AGS-Kerk opgemerk.

Die registrasienommer is KZJ369MP en die bakkie kan maklik uitgeken word, omdat hy ’n swart alluminium kappie ophet.

In die kappie (wat deure het) is daar ’n tafel, wat aan die dak vasgemaak is.

Op die voertuig is daar ook ’n plakker met die naam: “ExecuAir.”

As enige persoon moontlik die bakkie opmerk (die nommerplate mag dalk alreeds af wees), bel Arthur Hill (Dagpatrollie) by 083 870 9693.

 

Exit mobile version