News

Drie trokke in ongeluk: spanne werk vir ure in nag om toneel op te ruim

'n Ongelukstoneel op die N4 waarin drie trokke betrokke was en verkeer beïnvloed het vir etlike ure, is opgeruim.

Opruimingspanne het in die vroeë oggendure vir ure saamgewerk op ‘n ongelukstoneel op die N4, waarin drie trokke betrokke was.

Middelburger Louwtjie Swart (Traffic Alert) sê hy is net na 01:00 vanoggend geskakel en gevra vir hulp na die ongeluk op die N4 op pad na Komatipoort.

Hy het dadelik gereël vir nooddienste en vir insleepdienste van Van Wettens in daardie area om te gaan help om die toneel op te ruim.

Tydens die opruimingsproses was een baan gesluit en was ‘n Stop/Ry beheer in plek.

Omstreeks 05:20 was die pad weer oop vir verkeer.

Alhoewel aldrie trokke erge skade het, is daar verneem dat daar nie ernstige beserings was nie.

Dié trok is op die bestuurderskant getref en is sy vrag in die proses afgeruk.

 

Back to top button