Prado binne minute uit kerk se parkeerterrein gesteel

Kardiewe slaan toe terwyl gemeente sing.

’n Toyota Prado wat Sondag tydens Corpus Christi Kerk se oggenddiens uit die kerk se pakeerterrein gesteel is, is sowat drie ure later deur ’n opsporingseenheid in Pretoria-Wes teruggevind.

Daar was reeds derduisende rande se skade aangerig deur die kardiewe, wat moontlik opsoek was na die Prado se opsporingstelsel.

Die 2011 Toyota Prado van mnr. Vivian Roux is binne minute gesteel nadat ’n silwer dubbelkajuit-bakkie die parkeerterrein ingery, en langs Roux se bakkie ingetrek het.

Die skade wat aan die binnekant van die deure aangerig is deur die kardiewe se soektog na die opsporingstelsel.

Videomateriaal wys hoe die silwer bakkie die parkeerterrein stadig inry en dan langs Roux se bakkie in ’n oop parkering langsaan intrek en stop.
’n Man klim dan uit en net minute later ry beide bakkies die parkeerterrein uit.

Verskeie videos van die diefstal is deur omliggende CCTV kameras opgeneem.

Mnr. Roux sê dat hy Sondag die 08:00 kerkdiens bygewoon het.
Die kerk het karwagte, maar die kardiewe was so slinks dat hulle ongesiens en ongestoord die Prado kon gaps.

Die skade aan die paneelbord.

Die silwer bakkie het in ’n oop parkering tussen mnr. Roux se bakkie en die kerkterrein se pallisade-heining ingetrek.
’n Mens kan sien hoe die boef uitspring en Roux se Prado oopbreek, waarna beide wegry.

Kameras langs die roete waarin die boewe gevlug het, wys hoe die Prado wegry.

Na die kerkdiens is Roux se Tracker-opsporingseenheid geaktiveer.
Die sein is gevolg tot in Pretoria-Wes waar die opsporingseenheid dit opgespoor het.

Die Prado was egter reeds beskadig, met Tracker personeel wat vermoed dat die boewe die opsporingsisteem wou deaktiveer.

Oral is drade uitgeruk.

Die beeldmateriaal is egter nie vreeslik duidelik nie en dis onbekend hoeveel boewe in die bakkie was ten tye van die diefstal.
Dis egter duidelik dat die kardief en minstens die silwer bakkie se bestuurder betrokke was.

Mnr. Roux sê hy was verstom dat so ’n ou model die boewe se aandag getrek het.
Die Prado was egter in ’n uitstekende kondisie en goed onderhou.

@middelburgobserver

Car thieves use bakkie to park next to, then steal 2011 Prada at Corpus Christie. #crime#southafrica#middelburgmpumalangalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

Exit mobile version