News

Ma hou haar blondekoppie eerste keer vas, na meer as maand in intensief

Almal se harte en hande gaan oop vir blondekop dogtertjie wat na verstikking al meer as 'n maand in die intensiewesorgeenheid van die Garden City Hospitaal behandel word.

Dijané Coetzer kon haar 21-maande oue dogtertjie, Renicke, Donderdag vir die eerste keer na meer as ‘n maand vashou!

Renicke het op 1 Junie verstik in medikasie, haar eie braaksel ingeasem en het haar hartjie gaan staan.

Lees ook:

Blondekop dogtertjie kritiek na sy verstik

 

Nadat noodbehandeling toegepas is, is sy per helikopter na die Garden City Hospitaal oorgeplaas, waar sy sedertdien in die intensiewesorgeenheid behandel word.

Die dag toe Renicke met die helikopter oorgeplaas is na die Garden City Hospitaal.

‘n WhatsApp gebedsgroep is gestig om almal op hoogte te hou van haar vordering en is daar die blye nuus gedeel dat Dijané vir Renicke kon vashou.

Alhoewel haar toestand op ‘n stadium kritiek was en daar ook gevrees is vir erge breinskade, is daar op die groep gesê dat daar minimale skade is en dat haar ook beterskap op haar longetjies is.

“Hulle het gesê daar is definitief ‘n deel van die brein dood…en toe oornag het God medies verkeerd bewys,” is op die groep gedeel.

Sy is al van die ventilator afgehaal en is intussen ‘n trageostomie gedoen. Sy kry steeds suurstof en voeding deur ‘n buis.

Daar is gehoop dat Renicke hierdie week al oorgeplaas kan word na die rehabilitasiehospitaal. Haar ma het vanoggend gesê dat hulle eers moet kyk of haar longe sterk genoeg gaan wees om van die suurstof afgehaal kan word.

Hulle moet ook eers kyk of sy sonder die antibiotika sal kan klaarkom.

“Sy word elke dag bietjie sterker, gisteraand het sy haar armpies kon optel van onder haar kombersie en het haar handjies bo die kombersie weer neergesit. Sy is nog baie swak daar waar sy lê, maar ons kom elke dag ‘n treetjie nader aan gesond word.”

Die foto is gisteraand van Renicke geneem. FOTO: Verskaf.

• Sedert Renicke se verhaal bekend geword het, het boodskappe van oraloor af ingestroom en sê haar ouers en grootouers ook dankie vir almal se gebede.

Die gesin se medies is uitgeput en met talle toetse wat daagliks gedoen moet word en rehabilitasie wat voorlê, gaan dit derduisende rande beloop.

Hulle is van Middelburg afkomstig, maar is Dijané die meeste van die tyd by haar dogtertjie by die hospitaal. Sy sal waarskynlik nog lank daar moet deurbring en skiet haar verblyfkostes ook die hoogte in.

Ons Middelburgers het egter harte van goud en is almal besig om planne te beraam om met die kostes te help.

• Marietjie Britz, Dijané se vriendin, het ‘n gebedskombersie laat maak vir Renicke met verskeie bemoedigende boodskappe van mense daarop.

Die gebedskombersie met al die boodskappe wat vir Renicke gemaak is.

• Die Viljoen sussies, Layla (8) en Tia-Né (9) het met ouma Susan Cornelius, van die uBhetyan Wildsplaas, onderhandel om ‘n opedag by die wildsplaas van “Safari Kids” ten bate van Renicke te hou.

Die Viljoen sussies beplan ‘n Safari-dag vir kinders.

Hierdie opedag is op 9 Augustus en beloop R200 per kind. ‘n Hele program van van ontmoetings met die wilde diere tot burgers in die bos en perdryritte sal deel daarvan uitmaak.

Die Viljoen-sussies beplan ook ‘n mini-spa-dag vir dogters, waar hulle self die dogters sal bederf.

Layla en Tia-né Viljoen.

Ouers wat wil bespreek vir die kinders, kan 084 802 1646 of 069 247 0786 bel.

• ‘n Gholfdag word beplan vir 15 November, maar hulle benodig nog ‘n hoofborg. Marietjie (079 450 2336) kan geskakel word as mense deel wil wees van die organisering van die dag.

• 100 mense word verder uitgedaag om vir die volgende 50 ure, elkeen R50 in te betaal vir die fondse (079 450 2336 om rekeningnommer te kry).

• Kinders wat Amora Dierepark besoek, kan elkeen vir net R10 ‘n briefie skryf vir Renicke en boonop ‘n prys daarmee saam wen!

Aan die einde van Augustus sal een van die briefies getrek word en kan die wenner ‘n Houtlepel kinderpartytjie vir vyf kinders wen. Tweede en derde prys is ses maande gratis toegang! Al die briefies sal vir die Coetzer gesin geskenk word na afloop van die kompetisie.

Persone wat bydraes wil lewer op die Back-a-Buddy fonds, kan ingaan op die volgende skakel:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/renicke-coetzer

• ‘n Video van Renicke is goedgunstiglik besikbaar gestel.

@middelburgobserver

Renicke Coetzer (21 maande) se mediese kostes styg daagliks.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Back to top button