News

Polisieman en twee vroue, waarvan een ’n Amerikaanse toeris, sterf na trompop botsing

’n Vrou, wat op die toneel gesterf het, en haar seun, is Amerikaanse toeriste.

Drie mense, waaronder twee vroue en ’n polisieman, is dood na ’n trompop botsing gistermiddag tussen Belfast en Dullstroom.

Na wat verneem word, het die polisieman na die ongeluk nog uit die voertuig geklim en om hulp geroep. Hy het klaarblyklik net etlike treë verder geloop, waarna hy inmekaar gesak en op die toneel gesterf het.

If you would like to read this story in English, click here: Policeman and two women, one an American tourist, die after head-on collision

Die ongeluk het omstreeks 16:30, sowat 15km voor Dullstroom, net twee kilometer na die Palmer afdraai, gebeur.

Die polisiebakkie was vanaf Belfast na Dullstroom onderweg en die wit bakkie het in Belfast se rigting gery toe die ongeluk gebeur het.

Volgens inligting was daar ’n vroulike passasier saam met die polisieman in die voertuig en in die wit bakkie was twee persone, ’n jong man en sy ma.

Beide die vroue, wat kritiek beseer was, is per ambulans na die Belfast Hospitaal afgevoer.

Die vrou, wat in die wit bakkie was, is met aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die vrou wat saam met die polisieman in die polisievoertug was, is sowat ’n uur nadat sy by die hospitaal aangekom het, oorlede.

Die jongman wat ook in die wit bakkie was, is gisteraand vanaf die Belfast Hospitaal na die Middelburg Hospitaal geneem, waar X-strale geneem is. Hy is weer terug geneem Belfast Hospitaal toe, vanwaar hy vanoggend oorgeplaas is na die Witbank Hospitaal.

• Die polisieman en vroue se name is nog nie bekend gemaak nie.

• Die vrou en haar seun, wat in die wit bakkie was, is Amerikaanse toeriste.

Check Also
Close
 
Back to top button