News

Plaasaanvallers steeds op vrye voet

Die plaasaanvallers wat gister ’n gesin aangehou met onder andere ’n AK47 aangehou het by ’n lodge naby Machadodorp, is steeds op vrye voet.

Die rowers wat gister gejaag is deur verskeie eenhede van die polisie, waaronder die K9 (honde) eenheid, is steeds op vrye voet.

Die polisie se provinsiale mediakantoor het pas bevestig dat die rowers nie aangekeer is nie.

Die vyf rowers het gister te voet op die lodge by Machadodorp aangekom en die gesin aangehou met ’n AK47 aanvalsgeweer en vier handwapens.

Nadat hulle almal vasgebind het, het hulle wapens geroof en ’n VW Golf op die perseel gevat.

Kort na die rooftog, is daar op noodgroepe gevra vir hulp en het, buiten boere, ’n sekuriteitsmaatskappy en eenhede van die polisie die rowers agterna gesit.

By Kaapsehoop het hulle die gesteelde voertuig in die veld gelos en die bosse ingevlug, waar ’n erge vuur gewoed het.

Vandaar het hulle gehardloop na die nabygeleë plantasie waar daar tot laat met polisiehonde na hulle gesoek is.

Op die groepe is gemeld dat die rowers koeëlvaste baadjies gedra het.

Lees meer hier:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/04/rowers-vlug-in-plantasie-in/

Dié plaasaanval volg net etlike dae na die kaping van ’n werknemer op ’n plaas en ’n latere skietery op ’n boer van Belfast.

Lees meer hier
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/04/boer-vertel-van-trauma-tydens-kaping-en-skietery-op-belfast-plaas/

Check Also
Close
 
Back to top button