Video: Polisie soek na rowers in veld waar ’n reuse brand woed

Die polisie is by Kaapsehoop midde in a veldbrand agter plaasaanvallers aan wat vanoggend ’n gesin by ’n Machadodorp lodge oorval het.

Net etlike dae na ’n kaping op ’n plaas in Belfast en ’n latere skietery op ’n boer, was daar vanoggend weer ’n plaasaanval by Machadodorp.

Vroeg vanoggend is mense op ’n lodge in Machadodorp, op die Schoemanskloofpad, aangeval.

Vyf rowers met ’n AK47 aanvalsgeweer en vier handwapens het op die eienaars van die lodge toegesak.

Na wat verneem word, is hulle aangerand en gedwing om hul wapens aan die rowers te oorhandig.

Die booswigte het gevlug in ’n wit VW Golf in Mbombela (Nelspruit) se rigting en is daar op noodgroepe gehoor hoe die polisie en noodgroepe boodskappe uitstuur oor waar die verdagte voertuig oral gesien is.

Daar is sowat ’n uur terug op die groepe gesê dat die rowers ingedraai het by Kaapsehoop, die voertuig agtergelaat het en te voet verder vlug.

• Intussen is daar op die Mp Riots & Traffic WhatsApp-groep gevra dat mense die area moet vermy, want daar is ’n ernstige brand in die area tussen die Oliepoort Depot en die Kaapsehooppad én dat die polisie agter die rowers aan is in die bosse.

• Tydens die kaping en skietery naby Belfast, is daar gelukkig niemand beseer nie.

Lees meer hier:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/04/boer-vertel-van-trauma-tydens-kaping-en-skietery-op-belfast-plaas/

@middelburgobserver

Location: Oliepoort depot and Kaapsehoop road Reason: SAPS are currently pursuing armed suspects in the area Warning: Avoid the area until further notice. Please prioritize your safety and avoid the area until the situation is brought under control. Police are searching for armed suspects in area where a large veld fire is raging. #middelburg #fire #police

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Exit mobile version