News

Twee vroue en ’n man sterf in gru-ongeluk

Drie mense is dood na ’n ongeluk laasnag op die N4 anderkant Emgwenya (Waterval-Boven).

Middelburgers wat Laeveld toe moes ry, het laat weet dat die N4 gesluit is en hulle die Schoemanskloofroete moes ry, omdat dit dwarsdeur die nag geneem het om die ongeluk, wat gisteraand net na 19:00 gebeur het tussen die tonnel en die vyfboogbrug, op te ruim.

Na wat verneem word, was ’n trok en twee voertuie in die ongeluk betrokke. Die trok het bo-oor die een voertuig gery.

’n Man en vrou is opslag dood en ’n vrou is na die Waterval Boven Hospitaal geneem, waar sy kort na haar aankoms aan haar beserings beswyk het.

• Daar is net na 06:00 vanoggend op die Mpumalanga Riots & Traffic WhatsApp-groep laat weet dat die pad weer oop is verkeer.

Check Also
Close
 
Back to top button