Rowers vlug in plantasie in

Die verdagtes wat positief verbind word met ’n plaasaanval vanoggend op Machadodorp, het nou in die plantasie by Kaapsehoop in verdwyn

Daar is pas op noodgroepe gesê dat die honde-eenheid (K9), verskeie ander polisie-eenhede en ’n sekuriteitsfirma deel is van die soektog na die groep rowers wat vanoggend ’n gesin by ’n lodge op Machadodorp aangeval het.

Die rowers het gevlug in ’n VW Golf en afgedraai by Kaapsehoop, waar hulle die voertuig langs die pad gelos en verder te voet gevlug het.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/07/04/video-polisie-soek-na-rowers-in-veld-waar-n-reuse-brand-woed/

Hulle is aanvanklik in die omgewing van ’n erge veldbrand gesien, maar is daar later op die noodgroepe gesê dat hulle in die plantasie by Kaapsehoop in gevlug het.

Exit mobile version