News

Gerrie se lewe met spesiale roudiens gevier

Gerrie Enslin se kleinkinders was sy hele lewe.

‘n Roudiens om Gerrie Enslin (69) se lewe te vier, word op 6 Julie om 11:00 uit die Hervormde Kerk, Moedergemeente in Bhimy Damanestraat gehou.

Mnr. Gerrie Enslin se roudiensreëlings.

Mnr. Enslin is Maandag in die Life Cosmos Hospitaal oorlede. Hy het ‘n operasie ondergaan en was vir meer as twee weke in die intensiewesorgeenheid behandel.

Hy was ‘n bekende sakeman, maar tussen sy geliefdes sal hy onthou word as die liefdevolle oupa wat soos ‘n pa was vir sy twee kleinkinders, Lehandro en Mar-leané,

Mnr. Enslin word ook oorleef deur sy dogter, Mar-louise en broer, Hannes.

  • ‘n Huldeblyk vir mnr. Enslin verskyn in hierdie week se Middelburg Observer.

 

 
Back to top button