News

Dirk was ’n man van min woorde

’n Welbekende boer en sakeman van Middelburg, mnr. Dirk Uys (55), is op 18 Junie in die intensiewe sorgeenheid van die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Hy is vir twee weke vir ’n virus in die hospitaal behandel.

Die roudiens is vandag om 11:00 uit die APKerk in Kanonkop.

Mnr. Uys was sy lewe lank in Middelburg en het geboer op die plaas Luipaardsfontein, wat grens aan Middelburgdam.
Hy was tot met sy afsterwe ook die eienaar van Kakiebos Kafee en Karwas.

Familie en vriende het hom beskryf as ’n man van min woorde “maar wat ’n besondere impak op mense gehad het. Hy het ’n vlymskerp humorsin gehad en het altyd ander gehelp waar hy kon. Hy was net iemand besonders.”

Almal onthou ook met ’n glimlag dat hy die laaste paar jaar nêrens gegaan het sonder sy twee honde Ed en Elf nie. “Daar waar Dirk was, daar was die honde.”

Mnr. Uys word oorleef deur sy dogters, Direy, Somey en Joney, verloofde Bianca Kruger, sy pa, Johan Uys en suster, Heleen Ehlers.

 
Back to top button