News

Vrou roep aanmekaar vir hulp terwyl huis brand

’n Gesin van Belfast het dringend klere en warm beddegoed nodig nadat hul kamers gister afgebrand het.

Engela Gilau het aanmekaar op die Belfast WhatsApp-groep vir hulp geroep terwyl hul huis aan die brand was.
Sy het vanoggend gesê dat alle aanduidings is dat dit ’n elektriese kortsluiting van ’n selfoonkabel was.

Engela het gehardloop om die hooftoevoer van die krag af te sit, maar die beddegoed het reeds vlam gevat en die kamers het verder aan die brand geraak.
Kort daarna het die dak ineengestort en die skoorsteen na binne geval.

Engela het gemeld dat haar lewensmaat, Christo Raaths, net twee matrasse uit die kamers kon red.
Hulle bly tans by familie en het sy genoem dat hulle klere en beddegoed die nodigste het.

Die rook van die brand by die huis kon ver gesien word.

Hul seuntjie, Elliot, dra een tot twee jaar klere en ’n nommer vier babaskoen.
Engela dra nommer 34 en Christo medium klere. Skoengroottes is tussen ’n vyf en ses vir Engela en ’n nommer 10-11 vir Christo.

Al hul beddegoed het verbrand en sal warm komberse en ander beddegoed ook welkom wees.

• Persone wat enigiets vir die gesin wil skenk, kan Engela skakel by 072 933 8981.

• Engela het hartseer gesê dat dit haar oupa- en oumagrootjie-hulle, Izak (81) en Marietjie Berrange (81) se huis in McDonaldstraat is waarin hulle bly. Die Berrange egpaar is die aand van 11 Oktober 2023 in dié huis aangeval en is oom Izak voor tannie Marietjie doodgeslaan.

Lees ook:

Tweede wrede moord op bejaardes

 
Back to top button