News

Mike Bolhuis se span help met ondersoek in Middelburg man se moord by Benoni

Mike Bolhuis se span gaan help om die moord te ondersoek van die Middelburger wat dood in sy bakkie in Gauteng gekry is.

’n Taakspan van Mike Bolhuis se Specialised Security Services is deur Johan Cowan se familie aangestel om sy moord saam met die polisie te help ondersoek.

Mnr. Cowan, ’n inwoner van Middelburg, is Sondag in die vroeë oggendure by die Snake Road afrit in Benoni dood in sy Toyota Hilux GR bakkie gekry.
Hy was op pad terug vanaf Vanderbijlpark na Middelburg toe die gebeure plaasgevind het.

Mike Bolhuis het bevestig dat sy besigheidsvennote en mnr. Cowan se familie hulle kort nadat hy gevind is, aangestel het om die saak te help ondersoek.

Morney Vos.

Morney Vos, wat die taakspan sal lei, sê die span bestaan uit homself, Wesley Vos (wat die kuber-afdeling hanteer) en kol. Luke Enslin.

Kol Enslin, ’n afgetrede polisieman met 40 jaar ondervinding, was onder andere die bevelvoerder van die befaamde Britxton Moord en Roof-eenheid (nou Ernstige Geweldeenheid), asook die bevelvoerder by die Krugersdorp Polisiestasie.

Kol. Luke Enslin.

Morney self was ook ’n voormalige polisieman en help, buiten met Johan se ondersoek, ook met die moordondersoek van Sherine Beukes (wat laat verlede jaar vermoor is deur ’n tuinwerker wat op vrye voet is), sowel as die ondersoek na die moord op ’n drie maande oue baba.

Wesley spesialiseer in die tegniese, kuber-afdeling van die ondersoek.

Wesley Vos.

Die span wou nie nou enige inligting rakende die ondersoek bekendmaak nie, maar het wel gesê dat die geregtelike doodsondersoek, verander is na ’n moordsaak.

Hulle doen ’n beroep op enige persoon wat die aand, en vroeë oggendure op die N12 en omliggende roetes vanaf Vanderbijlpark tot waar hy gekry is, beweeg het, en moontlik inligting kan verskaf, om hulle te kontak.

“Enige inligting, hoe gering ook al, kan vir ons deurgegee word.”

Selfs persone wat paneelbordkameras het, en dalk verby gery het waar die Hilux langs die pad gestaan het, of mense opgemerk het by die voertuig, word gevra om hulle te bel.

• Die drie ondersoekers se nommers is: 066 212 5193 (Morney), 060 899 9938 (Wesley) of 082 222 5821 (kol. Enslin).

Lees ook:

Direkteur dood in bakkie gekry by berugte Snake Road

Check Also
Close
 
Back to top button