Geen beserings na ongeluk wat blokke ver gehoor is

Die slag van 'n ongeluk wat omstreeks 15:45 plaasgevind het, is blokke ver gehoor.

Inwoners wat omtrent drie blokke verder bly, sê hulle kon die slag hoor van die ongeluk op die hoek van Samora Machel- en Vosstraat.

Mense het dadelik aangehardloop gekom om te kyk of hulle nie hulp kan verleen nie.

Gelukkig is niemand beseer in dié ongeluk tussen ‘n Hilux bakkie en ‘n VW Polo nie.

Dit was egter duidelik dat die drie jong kinders wat in die bakkie was, erg aan skok gely het.

Die VW Polo wat in die ongeluk betrokke was.

 

Exit mobile version