News

Vrou sien ongeluk in kruising gebeur

'n Vrou het pas gesien hoe twee voertuie, 'n kar en 'n bakkie, mekaar tref in die kruising op die hoek van Oranje- en John Magagulastraat.

“Die bakkie het byna tot teen my gerol en kon ek gelukkig vinnig in trurat terugbeweeg, anders was ek ook deel van die ongeluk!” het ‘n bewerige me. Leonie Victor gesê.

Sy meld dat ‘n voertuig van onder af in Oranjestraat opgery gekom het en ‘n maatskappy bakkie van Keiskammastraat se rigting dorp se kant toe beweeg het.

Die kar en die bakkie het in die kruising gebots en het die bakkie op sy kant te lande gekom.

In die kruising het die twee voertuie gebots.

Sy het opgemerk dat die man in die groen voertuig beseer is. Die man in die bakkie, wat op sy kant te lande gekom het, kon uit die bakkie klim.

Die bestuurder van die een voertuig is beseer.
  • Me. Victor het op die Traffic Alert WhatsApp-groep gevra dat die nodige dienste ontbied word.
  • Die polisie is reeds op die toneel.

Check Also
Close
 
Back to top button