Matambu se geliefdes soek na antwoorde nadat hy Saterdag op ’n huurjag uitgegaan het en sy verbrande boot die dag daarna op ’n strand in Mosambiek gevind is.
Inligting dat polisie ’n man ingeneem het vir ondervraging het verwarring onder lesers veroorsaak, en die man wat saam met Matambu op die boot was word steeds gesoek.
Die man se identiteit is nog nie bevestig nie, maar is bekend as Frederik Thomas Visser en hy kom van Komatipoort af.
Hy gebruik ook die alias, Andre Cilliers of Adriaan Coetzee.
Enigiemand met inligting oor waar Matambu of die persoon van belang hulleself bevind word gevra om die Mbazwana polisiestasie te kontak by 035 571 0005.