Vliegtuig val net buite vliegveld

'n Vliegtuig het omstreeks 09:30 vanoggend neergestort net buite die Middelburg Vliegveld, tewyl hy besig was om op te styg.

 

Na wat verneem word het die vliegtuig probleme ondervind terwyl dit opgestyg het en het dit deur die betonheining aan die Westekant van die landingstrook gebars.

Die vliegtuig het deur die betonheining gebars.

Die vliegtuig het sowat 500m van waar dit deur die betonheining gegaan het, tot stilstand gekom.

Wrakstukke het oral in die veld gelê van waar dit deur die betonheining gebars het tot waar die vliegtuig tot stilstand gekom het.

Die vlieënier is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer.

Alhoewel daar aanvanklik verneem is dat hy ernstig beseer is, het ons pas gehoor dat hy net snywonde opgedoen het. Daar word tans nog skanderings gedoen om te bepaal of hy nie inwendige beserings opgedoen het nie.

 

 

Exit mobile version