Geliefde sakeman was vlieënier van Jet

Die persoon wat die Jet gevlieg het wat net buite die Middelburg Vliegveld neergestort het, is geïdentifiseer.

Mnr. Richardt Lovett, ‘n bekende sakeman en lid van die Middelburg Vliegklub, was die vlieënier van die Aero L-39 Albatros Jet wat neergestort het.

Mnr. Richardt Lovett.

Die ongeluk het omstreeks 09:30 aan die westekant van die vliegveld plaasgevind terwyl hy besig was om op te styg.

Die Jet het deur die betonheining gebars en sowat 500m verder tot stilstand gekom.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version