Hendré se wonde toegewerk, moontlik more al huis toe

Dit gaan heelwat beter met Hendré Greybe wat vanoggend ’n ernstige gat in sy keel opgedoen het tydens ’n motorongeluk op die hoek van Hektaar- en Mandelarylaan.

Die ongeluk het om 08:00 plaasgevind toe sy Chery voertuig met ’n minibus gebots het.

Sy skoonpa, mnr. Johan Stronkhorst (hoof, Hoërskool Middelburg) het pas gesê dat as alles goed gaan, behoort Hendré sou gou as more of oormore huis toe te gaan.

Hy het genoem dat buiten die gapende wond aan sy keel, hy ook steke moes kry vir ’n snywond op sy bors en sy.
Skanderings het gewys dat hy geen breuke opgedoen het nie, maar hy het wel harsingskudding.

“Hy is baie deurmekaar en wou net die hele tyd weet waar is sy vrou, want hy kon nie onthou dat hy haar reeds afgelaai het by die werk nie.”
Hulle het om 13:00 met hom gesels nadat hy uit teater was om die nekwond te heg.

Weens die geweldige bloedverlies deur die gat in sy keel, moes Hendré ook aarvoeding kry.

Mnr. Stronkhorst sê hulle weet steeds nie wat die gat in sy keel veroorsaak het nie, want alhoewel al die vensters gesplinter het, is nie een van die vensters deurgebreek of uit sodat dit sy keel so erg kon sny nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version