Vierde beskuldigde in moordsaak laat vaar borgaansoek

Kobus Pretorius (32), die vierde beskuldigde in die Danie Maritz moordsaak, het vanoggend sy aansoek vir borg laat vaar.

Hy bly saam met Jan Jordaan (26) in aanhouding tot aanstaande jaar.

Jordaan en Pretorius word vir moord aangekla,.

Alex Grobler (44) en Angie Appelgryn (26) het op 29 November borg gekry, Hulle word aangekla vir regsverydeling en vernietiging van ‘n lyk.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek en bevestiging van Pretorius se adres.

Grobler, Jordaan en Appelgryn is gearresteer nadat Danie se oorskot in ‘n uitgebrande voertuig gekry is. Pretorius het die dag voor uitspraak op die ander drie se borgaansoek gelewer is, homself aan die polisie oorgegee.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/12/04/kobus-in-hof-na-bagasiebakmoord/

 

Exit mobile version