Rayden kry sy Paw Patrol afskeid

Klein Rayden Rafferty (6) sou vanoggend gejubel en gejuig het as hy deur die Corpus Christi Kerk kon hardloop.

Paw Patrol was daar.
Oral!

Op die vloere, op die kerkbanke, teen die mure en in sy ma Kristina se hart.

FOTO: Daleen Naudé.

Ryder en sy hele span reddingshonde saam met Cap’n Turbot, Robo-Dog, Everest, en Tracker, het opgedaag.
Die helde was egter nie Ryder en sy span nie, maar mense vanoor die wêreld.

Hulle het soos Ryder op sy beste aangekondig: “I’m ready for a ruff ruff rescue!”

Rayden het verlede Woensdag opgehou asemhaal. Daar is noodbehandeling toegepas en met hom na die Middelburg Hospitaal gejaag, maar hy is kort na sy aankoms dood verklaar.
Die fanatiese Paw Patrol-aanhanger sou niks ander wou hê as ’n laaste groet saam met sy helde nie.

Mense vanoor die wereld het bygedra om vir Rayden sy Paw Patrol afskeid te gee.

Met finansiële beperkinge wat soos ’n berg voor haar gelê het, het Kristina na die wêreld uitgereik en die wêreld het nie teleurgestel nie.
Selfs van Ierland af was daar bydraes om ’n Paw Patrol-afskeid moontlik te maak, wat tans aan die gang is.

En al is Rayden nie in vlees daar nie, laat die liedjie van Michael Learns to Rock, “Sleeping child” mens aan die sesjarige dink wat nog gesing het “Visvang vir Jesus” voordat hy inmekaar gesak en minute later gesterf het.

PHOTO: Daleen Naudé.

The Milky Way upon the heavens
Is twinkling just for you
And Mr. Moon, he came by
To say goodnight to you
I’ll sing for you, I’ll sing for mother
We’re praying for the world
And for the people everywhere
Gonna show them all we care
Oh, my sleeping child the world’s so wild
But you’ve built your own paradise
That’s one reason why
I’ll cover you, sleeping child…

@middelburgobserver

Rayden kry sy Paw Patrol afskeid #RaydenRafferty #Middelburg #PawPatrol

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Exit mobile version