News

Familie probeer sin maak uit onsinnige moord

'n Vrou en twee mans het vandag in die hof verskyn op 'n klagte van moord.

‘n Familie wroeg oor die laaste oomblikke van hulle seun, Danie Maritz (27), wat vermoor en die voertuig waarin hy was aan die brand gesteek is.

JJ Maritz, sy pa Willem en suster Dolla, het die hele dag in die hof gesit en wag dat die persone wat gearresteer is na Danie se moord, in die Middelburg Landdroshof moet voorkom.

JJ het gemeld dat daar baie weergawes is van hoe sy broer aan sy einde gekom het en dat hulle self ook probeer ondersoek instel het.

Sy ouers het Danie Dinsdag laas lewend gesien toe hy by hul huis was in eMalahleni.

Nadat hulle ‘n foto van ‘n uitgebrande voertuig gesien het op die Witbank Nuus se webtuiste en iemand kommentaar gelewer het dat dit Danie is, het hulle eers besef dat dit hy was.

Danie Maritz se oorskot is in die kattebak gevind nadat die voertuig uitgebrand het.

Die Vosman polisie het Donderdag en Vrydag in totaal vier persone gearresteer, maar is die saak oorgeplaas na Middelburg, omdat alles daarop dui dat hy in Middelburg vermoor is.

Uit wat die Maritz gesin kon wysraak, is dat Danie in Middelburg doodgemaak is, in ‘n kattebak gelaai en die voertuig later gevind is deur sekutiteitsbeamptes waar dit besig was om te brand.

Kort daarna het die polisie Danie se oorskot in die kattebak gevind.

JJ het by die hof gemeld dat hulle nog nie presies weet hoe Danie doodgemaak is nie, aangesien hulle vanaf die hof na die forensiese kantore is sodat sy pa vir Danie formeel kon uitken,

Hulle weet wel dat die polisie opsoek is na nog ‘n verdagte wat positief verbind kan word met die moord.

“Danie was ‘n saggeaarde persoon,” en het hy bygevoeg dat hulle nie kan verstaan dat hy so wreed aan sy einde moes kom nie.

  • Daar is aanvanklik gesê dat die vier verdagtes vandag saam in die hof sou verskyn.

Een van die verdagtes is vanoggend egter uit die hofselle vrygelaat sonder dat hy verskyn het.

Die ander drie, Alexander (Alex) Grobler, Jan Jordaan en Angelique (Angie) Appelgryn het laat vanmiddag verskyn. ‘n Moordklagte word onder andere ondersoek.

Hul regsverteenwoordiger, adv. Petrus Ntuli, het ‘n aansoek gebring dat almal wat in die hof is moet uitgaan, sodat sy kliënte hul beserings kon wys.

Ad. Ntuli beweer dat Grobler en Jordaan by die Vosman polisiestasie aangerand is om bekentenisse af te lë.

Hy het ook gemeld dat Appelgryn aangerand is om ‘n leë dokument te teken.

Adv. Ntuli het gevra vir borg vir aldrie en voorgehou dat Appelgryn ook ‘n onderliggende siekte het, waarvoor sy behandeling moet kry.

Die tyd was egter te min vir die hof om al die redes aan te hoor waarom borg toegestaan moes word en is die saak uitgestel na later hierdie week vir borgaansoek.

Landdros Christa Pohl het gesê dat hulle by die Middelburg Korrektiewe Dienste aangehou moet word, sodat aldrie mediese behandeling kan kry.

Jan Jordaan.
Angie Appelgryn.
Alex Grobler.

 

 

Check Also
Close
 
Back to top button