News

Skote klap alweer

Inwoners van Mineralia het Saterdag kort voor middernag skote gehoor geklap en hulle is oortuig dat dit nié ’n voertuig was wat die geluid gemaak het nie.

In die laaste paar maande is daar talle kere gehoor hoe ‘skote’ regdeur die dorp klap en is daar gesê dat die sondebok ’n silwer BMW is met toegeruste toerusting wat die geluide maak.

Op noodgroepe het inwoners van Bloekomsig en Mineralia Saterdagaand gesê dat hul skote hoor klap het.
Tony Peyper sê hy het vroeër jare self geskiet en ken die verskil tussen ’n handwapen en ’n geweer.

“Dit was beslis ’n 9mm pistool en verskeie skote is direk na mekaar afgetrek.”

Hy bly langs die begraafplaas en noem dat die skote vanaf Samora Machelstraat se kant af gekom het.

’n Bejaarde vrou (wat verkies om anoniem te bly) sê sy het ook die skote gehoor vanaf Luttigstraat se kant af, maar dit het vir haar ver geklink.

“Ek het geen idee van watter rigting dit af gekom het nie. Ek het dit vanaf my badkamervenster gehoor, maar my kind wat in die huis self was, het dit nie gehoor nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button