News

Vrou wat weg was is gekry

Anelia Lubbe is pas gevind!

“Ons het haar!” het Mike Bolhuis minute terug in ’n WhatsApp-boodskap laat weet.

Die presiese omstandighede is nog nie bekend nie, maar Anelia se ma, Ina, sê hulle het reeds bevestiging gekry dat Anelia gevind is.
Sy weet nog nie waar nie, maar dit blyk dat ’n vrou vir Anelia by ’n informele nedersetting afgelaai het en dat dit hulle die familie laat weet het dat sy daar is.

’n Foto is reeds vir hulle aangestuur en het die persone waar sy is, bevestig dat dit sy is.

Daar gaan nou reëlings getref word dat Anelia se familie haar gaan oplaai.

“Die Here was vir ons so goed dat sy so vinnig gekry is. Die mense het só gebid,” het Ina huilend gesê.

Lees ook:

Mike Bolhuis se span help soek na Anelia

Familie rasend van bekommernis na vrou verdwyn

 
Back to top button