News

Bespreek jou kind se plek vir avontuurkamp

Daar is nog net ’n paar plekke oop vir die winterkampe vir seuns en dogters by die Brandbach Plaas by Bronkhorstspruit.

Die kampe is vir seuns en dogters vanaf graad vier tot graad agt.

Die seunskamp is vanaf 24 tot 28 Junie en die dogterskamp vanaf 11 tot 15 Julie.

By die kampe gaan die kinders nie net die bosveld ontdek nie, maar ook staproetes aanpak, plaasaktiwiteite leer, ontbyt in die veld eet, self pannekoek en plaatkoekies bak, kleilat gooi en kettieskiet.

Boonop is daar ’n “swartmamba” avontuur én ’n sjefkompetisie met steak op grawe! Die kinders leer nie net allerlei nuwe vaardighede nie, maar ook spanbou en konflikhantering.

Maak seker jy pak ou klere in, want die jongklomp gaan so tussendeur die pret, ook lekker vuil word.

Kampkostes is R2 500 per kind (wat slaapplek en alle etes en avonture insluit).

Vir meer inligting en besprekings, bel Louis Potgieter by 064 757 6830.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button