Claassen-moorde: Voormalige werknemer van Eggo-grotte in Tembisa vasgetrek

Die man agter die grumoorde op me. Anneke Claassen (76) en jarelange vriend, Hendrik Claassen (78), wás toe na bewering ’n voormalige werknemer wat ongeveer agt maande gelede by die Eggo-grotte en hotel, wat aan me. Claassen se familie behoort, in die pad gesteek is.

Die bekende teenmisdaad span van Bosveld Misdaadondersoeke onder leiding van oudkolonel Sakkie Louwrens, was nou by die ondersoek en gevolglike arrestasie van die man verantwoordelik.

Die brandende liggame van mnr. en me. Claassen is Saterdag, 3 Junie, tussen 13:00 en 14:00 buite Ohrigstad ontdek.
Hulle liggame is in aparte huise op die plaas Klipfonteinhoek.

Mnr. Claassen is lewend uit die huis gehaal, maar het kort daarna beswyk.
Me. Claassen was reeds dood toe sy gevind is.

Beide is gemartel voordat hulle lewend aan die brand gesteek is.

Lees ook:

Eggo-grotte egpaar wreed vermoor

Familie van die oorledenes het ’n dag na die moorde reeds die vermoede uitgespreek dat ’n voormalige werknemer moontlik vir die aanval verantwoordelik kon weens.
Hulle het glo al in die verlede probleme met werknemers gehad, en ook dreigemente ontvang.

Mnr. Louwrens sê dat daar omstreeks middernag gisteraand toegeslaan is, waar die verdagte by sy oom se huis in Ivory Park, Tembisa, geskuil het.

Tot dusver beken die verdagte glo net sy eie betrokkenheid by die moorde.
Die polisie glo egter dat twee tot drie aanvallers betrokke was.

Mnr. Louwrens sê daar kon nog nie met sekerheid gesê word op watter wyse die bejaardes gemartel is nie.
Wat hy wel bevestig het is dat beide erg aangerand is voordat hulle aan die brand gesteek is.

Me. Claassen was ’n suksesvolle sakevrou wat die plaas en hotel tot haar dood toe bestuur het.
Mnr. Claassen was haar regterhand en hulle het die laaste paar jaar lewensmaats geword.

Die verdagte was glo welbekend aan die paartjie.

Hendrik en Anneke Claassen.

Hy sal moontlik more (Donderdag) in die hof verskyn op klagtes van moord en brandstigting.

Volgens mnr. Louwrens het Bosveld baasspeurder Johan Ellis onverpoosd gewerd nadat Bosveld Misdaadondersoeke deur familie van die oorledenes genader is vir hulp met die ondersoek.

Verskeie addresse van die verdagte is opgevolg en ’n optrede, in samewerking met Limpopo se misdaadinteligensiediens, provinsiale speurdienste, Ohrigstad speurders en opsporingseenhede, is geloods.

Die man is sonder voorval by sy oom se huis, waar hy geskuil het, gearresteer.

• Die Bosvelde Misdaadondersoeke span was ook nou betrokke by die grootskaalse soektog na die vermiste Willem Kruger, wat nege dae nadat hy verdwyn het, in sy bakkie by die Henbase Lodge gevind is na ’n rampartytjie.

•Wyle mnr. Claassen is die broer van mnr. Piet Claassen van Dennesig op Middelburg.

Exit mobile version