News

Dokters veg om pit bulterriër slagoffer se hande te red

Dokters probeer steeds om ’n man se hande te red wat Sondag deur sy eie pit bulterriër by sy huis aangeval is.

Hein Janse van Rensburg (33) het Dinsdag sy eerste operasie in die Life Midmed Hospitaal ondergaan, maar die bytwonde aan sy linkerhand is só erg dat hy Vrydag moet terug teater toe.

Rocky die pit bulterriër, wat altyd saam met die kinders in hul kamer geslaap het, het Sondag skielik beserk geraak en aggressief geraak teenoor Hein se vrou, Zania.

Hein het gekeer met ’n sitkamertafel en die hond is na buite.
Rocky het egter sy hondemaatjie buite uitmekaar geskeur.

Na ’n ruk het hy kalm gelyk en is Hein na buite, maar Rocky het hom omgespring en direk gegaan vir sy gesig en keel.
Hein het met sy hande gekeer en Rocky het dit geweldig verskeur.

Twee mans wat daar aangekom het, het uit hul karre gespring en die hond van agter af gewurg tot hy in ’n beswyming gegaan het.

Omdat Hein nie ’n medies het nie, is hy na ’n apteek wat die wonde verbind en hom ’n klem-in-die-kaak inspuiting gegee het.
Teen Maandag het die wonde steeds erg gebloei en het ’n spesialis gesê hy moet dadelik geopereer word.

Buiten die hospitaalbehandeling en operasies, sal sy nasorg ook duisende rande beloop.

Hein is die eienaar van insleepdienste en het tans geen inkomste terwyl hy mediese behandeling kry nie.

•As enige persoon bydraes wil lewer vir die mediese kostes, bel Zania by 079 183 1059 (hospitaal se rekeningbesonderhede sal verskaf word).

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button