Hy wou nie uitbrei oor die ondersoek nie, maar het gesê dat hulle net die “waarheid wil kry” oor sy seun se dood.
Mnr. Kruger wou nie enigiets sê wat die ondersoek kan belemmer nie en het onderneem dat hy later wel meer inligting sal verskaf, sodra die ondersoek afgehandel is.
Lees ook: Lodge plaas verklaring op Facebook rakende bewerings
• Willem het sy kaalvoetdae in die Loskop Vallei deurgebring waar hy sy laerskoolloopbaan voltooi het by Laerskool Marble Hall.
Hy het gematrikuleer aan HTS Middelburg.
Na skool het hy aan Tukkies studeer en homself as geoktrooieerde rekenmeester bekwaam.
Lees ook: Willem en bakkie in Vaalrivier gekry
Nadat hy ’n jaar by sy pa se boekhouers gewerk het, het hy teruggekeer na die familieplaas TKB (Tian Kruger Boerdery).
Willem was in beheer was van die landerye, soos die tabak en aartappels.