News

Gawie is gekry!

Gawie Stoltz, die man wat sedert vanoggend vermis was, is gekry.

Hy is reeds op pad huistoe.

Die presiese omstandighede waar hy gekry is, is nog nie bekend nie, maar is gesê dat dit op die N12 was.

Daar is verneem dat ‘n helikopter bokant die voertuig gewag het tot die hoofwegpatrollie opgedaag het.

Vroeër is gesê dat hy moontlik ontvoer is en dat die ontvoerders, ‘n man en twee vroue, by die Middelburg Mall gesien is.

By navraag aan mnr. Allan Snyman (Operasionele Bestuurder by die Mall) het hy gesê dat hulle die videomateriaal nagegaan het.

Dit was egter vir hom duidelik dat mnr. Stoltz nie aangehou is nie.

Die videomateriaal wys dat hy omstreeks 09:00 saam met die man en drie vroue in die kar was.

Op ‘n stadium was hy ook alleen by die kar toe die ander gaan kos en iets te drinke gaan koop het.

Man verdwyn spoorloos, drie verdagtes in sy voertuig gesien

Met hul terugkeer het hulle saam gekuier, waarna hy agter die stuur ingeskuif het.

Die ander man het voor langs hom ingeklim en die drie vroue agterin, waarna hulle rustig weg gery het.

* Mnr. Stoltz se suster Joni, het bevestig dat hy gekry is.
Sy sê hulle vermoed iets het hom moontlik by die werk ontstel en dit die rede was dat hy geepad het.

 
Back to top button