News

Kyk hoe kruip dief met rooi tekkies op maag om waterponie te steel!

Om alarm-ogies te ontduik, het netjies geklede diewe op hul mae by ’n erf in Aerorand ingekruip om ’n waterponie (Jetski) te steel.

Op CCTV Videomateriaal kan ’n mens sien hoe een van die diewe, wat baie netjiese klere aangehad het, selfs op ’n stadium oorrol op sy rug terwyl hulle die waterponie geskuif en uit die erf getrek het.

• Een van die booswigte het helderrooi enkelhoogte skoene of tekkies gedra.

Lees ook: Motorfietsdiewe steel drie motorfietse in een nag

• Die waterponie met sy sleepwa is later gehaak aan ’n wit Toyota Hilux. Bykans presies dieselfde bakkie is net etlike dae later gebruik om ’n veldmotorfiets en twee bergfietse in ’n ander uitbreiding te steel.

• Lees die volledige berig rakende die diefstal van die waterponie en rakende die motorfietse wat gesteel is, in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

@middelburgobserver

Thieves caught on camera stealing a jetski

♬ original sound – MiddelburgObserver

Back to top button