Hy gaan die verhoog deel met bekendes soos die musikant, musiekvervaardiger en rocker, Theo Crous, van die Springbok Nude Girls.
Ander meester musikante wat te siene sal wees is Theo Klassen en Jason Moser.
Musiekliefhebbers sê dat “Middelburg uit sy fondamente geskud gaan word” met dié vertoning.
Die gewilde “Vrede Official” sal die aand open.
Die res van die nuwe snitte op Stiaan se splinternuwe album is uit verskillende genres en mense kan nie bekostig om dit te mis nie.
Kaartjies beloop R400 per persoon en deure open om 18:00.
Vir navrae en besprekings, bel Rustique Boutique Hotel by 013 813 1451.
@middelburgobserver Stiaan se nuutste album hier vrygestel!