News

Drawwers staan verstom met aanskoue van helder rooi vlam

As jy soos ek saans agter geslote deure sit, dan het jy uitgemis op ’n helder wonder wat deur honderde drawwers by gisteraand se Wamakerwedloop gesien is.

Drawwers wat net na 19:00 op HTS Middelburg se sportvelde bymekaar gekom het, het ’n “vlam” deur die lug sien trek, kort voor die wegspring van die 4.9km wedloop.

’n Drawwer het vertel dat die vlam helder rooi was. Dit het uit die weste gekom, voordat dit net bo Rembrand Kafee uitgebrand het.
Die verskynsel was so kragtig dat ’n drawwer duiselig geword het met die aanskoue daarvan.

Die honderde deelnemers het nog gewag dat die afsetterskoot klap, toe vingers verstom na die hemelruim gewys het.
Binne ’n paar sekondes het hulle iets gesien wat hulle altyd sal bybly.

Op navraag het Ernst Marias, ’n plaaslike sterrekundige, teleurgesteld herken dat hy dit nie gesien het nie, en daarom nie kan bevestig wat die verskynsel was nie.
Hy kon bevestig dat hy nie bewus is van enige komeet of meteorietstortings nie, en sê dat ’n meteorietstorting buitendien nie die beskrywing pas nie.

“’n Meteorietstorting is baie kleiner en laat gewoonlik ’n klein wit strepie agter.”

As hy moes raai, kon dit moontlik ruimte-afval wees, wat dikwels aan die brand slaan, wanneer dit die atmosfeer van die aarde tref.

“Ek is bewus dat Space X onlangs ruimtevoertuie opgestuur het en dis algemeen dat gedeeltes van ruimtevoertuie stukke agterlaat na die lansering.”

Ruimteafval bestaan uit enige mensgemaakte tegnologie wat in die ruimte onklaar raak en dan gelos word om deur die heelal te dryf.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button