News

Seekoeie gaan klop aan by kerk op Kromdraai

Middelburg se seekoeie het gisteraand gaan aanklop by ’n kerk op Kromdraai.

Pastoor Gerrit Bothma sê van sy gemeentelede van die Huis Van Lewende Waters het omstreeks 20:45 vir hom ’n foto gestuur van die seekoeie voor die kerk se hek.

Die kerk huur die grond van Anaskafé, ’n koffiehuis en trou- en funksievenue, wat op dieselfde perseel geleë is.
Die gemeentelede, wat ook op die Kromdraaipad bly, het verby gery en die seekoeie daar sien staan.

Past. Bothma sê die seekoeie het geen skade aangerig nie en het weer hul pad gevind na die Olifantsrivier.

•Die kerk is net bietjie meer as ’n kilometer vanaf die Olifantsrivier geleë.

•Verlede Donderdag het Freddy Rapatza, wat ook op die Kromdraaipad bly, die seekoeie in ’n diep gat water in die Olifantsrivier (naby die Kromdraai grondpad, ou Middelburg/Witbankpad) die seekoeie gesien.

•Die afgelope twee maande beweeg die seekoeie heen en weer in die Olifantsrivier en het al in plaasdamme tot naby Verena en selfs twee keer in die Witbankdam gekuier.

Back to top button