News

So lyk die man wat Dennesig op hol gehad het

Die man wat vanoggend van huis na huis oor mure gespring en onder andere ’n elektriese boor en kantsnyer gesteel het, is op CCTV videomateriaal vasgevang.

Die dief het mnr. Jaco Coetzee se boor gesteel by Bullerlaan 24 en daarna oorgespring na Buller 26 en is uiteindelik by mnr. Fielies Viljoen se huis by Buller 28 betrap, waar hy by ’n wendyhuis besig was.

Sy hond, Amy, het hom gelukkig gewaarsku dat daar onwelkome besoekers is. Hy het die dief op heter daad betrap.

Suid-Afrika sou veel meer medaljes, veral in hoogspring en naellope, gewen het by die wêreld atletiek kampioenskappe, indien ons atlete so goed was soos ons diewe.

Lees ook: Inbreker slaan toe met oggendkoffie

Die dief is met die spoed van witlig oor ’n muur, waarop skerp penne is. Die penne het hom nie afgeskik nie, alhoewel hy sy een tekkie in die proses verloor het.
Hy het ook mnr. Coetzee se boor en ’n kantsnyer laat val.

Oomblikke later is daar by ’n huis in Leydslaan gerapporteer dat ’n dief besig was om swartsakke vol gesteelde items bymekaar te maak.
Hy het weer gevlug.

Mnr. Coetzee het intussen sy boor gaan haal.

Mnr. Viljoen het nog die gesteelde kantsnyer by hom en die eienaar word gevra om dit te gaan kry.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button