News

Staan só saam teen misdaad

Daar word ’n beroep gedoen op inwoners om by plaaslike veiligheidsgroepe aan te sluit om toenemende misdaad te bekamp.

Verskeie gemeenskapspolisiëringgroepe het hulle kommer uitgespreek oor die aantal inbrake wat regoor die dorp plaasvind.

Na ’n inbraak wat vroeg verlede Vrydagoggend plaasgevind het in Lebombostraat, het Quintin Coetzee van die GPF sektor 3.2 gesê, dat hulle soms twee tot drie inbrake op ’n aand beleef in Lebombostraat.

“Die vermoede bestaan dat dit die selfde drie verdagtes is wat aktief is in ons area. Ons het duidelike videomateriaal van hulle, en een van die verdagtes is al drie keer gevang.”

Mnr. Coetzee sê dat hulle sektor opgemerk het dat die diewe veral op Sondae, Woensdae en Donderdagaande bedrywig is.
Daar is al vyf keer in een aand by huise in Lebombostraat ingebreek.

“Die inwoners is te bang om te gaan slaap! Mense betaal duisende rande om alarmstelsels te laat insit, maar dit skrik hulle nie meer af nie, hulle kruip op die grond om die ogies te vermy.”

’n Lid van Noodgroep Radiogroep Sektor 3, Rachel Kies, het ook gevra dat inwoners by die groep moet aansluit, omdat sigbare patrollies help om misdaad te bekamp.

“Toe die groen ligte nog patrolleer het was inbrake geweldig minder. Nou dat daar minder sigbare polisiëring is, neem misdaad toe. Dit is tyd dat die klein groepies by mekaar moet staan en besef dat ons moet hande vat om die toenemende misdaad hok te slaan.”

• Inwoners in Lebombostraat omgewing wat belangstel om by die GPF aan te sluit kan mnr. Coetzee skakel op 082 577 3506 of Dirk Strydom by 082 387 0069.

• Om aan te sluit by die Noodgroep Radiogroep, skakel Marnus Uys op 060 488 3775.

Check Also
Close
Back to top button