News

Familie hoor daar is ’n lyk op eMalahleni

“Die persoon wat oorlede is, het blykbaar ook tattoeërmerke, maar hulle kon nie uitbrei hoe dit lyk nie,” het Johan se tannie, Rita, gesê.

Familie van Johan Jacobs, die dwelmverslaafde wat al sedert 9 Junie vermis word, is pas in kennis gestel dat daar ’n ongeïdentifiseerde persoon in die lykshuis op eMalahleni lê.
Alle aanduidings is dat die oorledene weens ’n oordosis dwelms gesterf het.

Daar is vir www.mobserver.co.za gesê dat hulle tans besig is om met die ondersoekbeampte, wat die vermiste persoon saak hanteer, in kontak te kom, dat hy vir hulle kan reël om te gaan kyk of dit Johan is.

“Die persoon wat oorlede is, het blykbaar ook tattoeërmerke, maar hulle kon nie uitbrei hoe dit lyk nie,” het Johan se tannie, Rita, gesê.

•Johan het op 9 Junie die laaste keer met sy ma, Ansie Bosman, per selfoon gepraat. Hy het gesê dat hy iemand se foon geleen het om haar te bel en dat hy van Middelburg af bel.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button