Agterop bakkie vir bloedtoetse

Kaalvoet agterop ’n bakkie het Japie Oosthuyzen Vrydag gegaan vir bloedtoetse.

Hy was kaalvoet, want géén skoene pas oor sy geswelde voete nie en agterop die bakkie, want op dié manier kon hy gemaklik lê.

Japie moet ’n heupvervangingsoperasie ondergaan, maar om te bepaal of hy ’n geskikte kandidaat is, moes die dokter eers seker maak hy het nie hart- of nierversaking nie. Sou hy enige van die twee onder lede het, kan hy nié die operasie kry nie.

Hy het nie ’n mediese fonds óf ’n inkomste nie en me. Debbie Venter het hom die afgelope ruk onder haar vlerk geneem, omdat sy goeie vriende was met Japie se oorlede ma.

Nie net gee sy vir hom kos nie, maar sy het by die gemeenskap gepleit vir fondse om hom te vat vir die bloedtoetse.

Die uitslae het intussen uitgekom en gewys dat hy gelukkig nie hartversaking het nie, maar ’n bloedklont!
“Dit is lewensgevaarlik!”

•Me. Venter sê sy gaan kyk of hulle maar vir Japie na die Witbank Hospitaal toe kan vat.

“Hy kan géén operasie ondergaan terwyl hy ’n bloedklont het nie! Dis nou een ding op ’n slag. Hy moet nou eers behandeling vir die bloedklont kry en dan kan daar gekyk word vir ’n operasie in moontlik dieselfde hospitaal.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version