Weldoener betaal sodat Japie vir bloedtoetse kan gaan

Japie Oosthuyzen (38) kan more-oggend gaan vir bloedtoetse, nadat ’n weldoener navore gekom het.

Me. Debbie Venter, wat haar die afgelope tyd ontferm oor Japie, het dankbaar laat weet dat hulle nou die nodige R2 900 het om Japie te vat vir dringende toetse.

“Daar het ook ’n persoon ’n paar rand vir my inbetaal vir brandstof om Japie dokter en hospitaal toe te neem. Ek moet ook baie dankie sê vir die vrou wat gisteraand vir Japie ’n lekker bord hoenderkerrie, iets lekkers en ’n brood geskenk het.”

•Me. Venter sê haar volgende projek is om vir Japie ’n loopraam of die outydse houtkrukke te kry, sodat hy bietjie meer beweeglik is om by die badkamer en ander vertrekke in sy huis uit te kom.

•Enige persoon wat moontlik ’n loopraam of krukke wil skenk of wil bydra vir haar projek, kan me. Venter bel by 079 452 5302.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version