Inbreker stap doodluiters op en af voor CCTV kameras

’n Inbreker het gisteroggend omstreeks 05:30 doodluiters op en af in ’n besigheid geloop om te kyk vir artikels van waarde.

Hy het op die ou einde weggekom met ’n selfoon, ’n rekenaarboks en velprodukte.

Me. Louise Stals sê dit is nou die tweede keer in vyf maande dat daar ingebreek word by haar besigheid, Lady Finesse, in Beyers Naudéstraat.

Die alarm het wel afgegaan “maar in die vyf minute wat hy geweet het die alarmmense is op pad, het hy weggekom met die rekenaarboks en ander artikels.”

Die inbreker het ’n klein venstertjie gebreek en daardeur die groter venster van buite af oopgemaak.
Daarna stap hy heen en weer van vertrek tot vertrek deur die besigheid met sy flitslig in sy mond.

“Ons het nou al álles gedoen om dit veilig te maak. Daar is ’n alarm en bykans al die besighede om my het omtrent lemmetjiesdraad en geëlektrifiseerde heinings opgesit!”

•Me. Stals vra dat enige persoon wat moontlik die verdagte herken, om die salon te bel by 013 243 2304.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version