Dief vergeet pakkie sigarette waar hy inbreek

Die boosdoener wat gisteroggend ingebreek het by Lady Finesse, het sy pakkie sigarette daar vergeet.

Nadat die eienaars gister alles deurgegaan het om te kyk wat vermis word, het hulle gesien dat hy sy sigarette op die kant van ’n spa-bad vergeet het.

Daar is ook aanvanklik gedink dat hy oor ’n heining geklim het, maar hulle het laat gistermiddag die plek gekry waar hy ’n stuk van die palissadeheining oopgebreek het.

Lees ook: Inbreker stap doodluiters op en af voor CCTV kameras

•Die inbreker het omstreeks 05:30 toegang tot dié salon in Beyers Naudéstraat gekry, deur ’n klein venstertjie te breek en die houtvenster oop te maak.

Die alarm het wel afgegaan, maar in die paar minute wat die reaksielede op pad was soontoe, het hy weggekom met ’n rekenaarboks, ’n selfoon en ’n paar skoonheidsprodukte.

•As enigiemand hom herken, bel Lady Finesse by 013 243 2304.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version