Seekoeie alweer kilometers verder!

Die Middelburg seekoeie se wandellust het geen einde nie.

Is hulle nou op pad Kriel toe na hulle ’n tyd lank op eMalahleni gekuier het?

Die twee seekoeie wat se spore oor die naweek nog by die Witbankdam (berig hier) gekry is, het alweer opbeweeg in die Olifantsrivier!

Mnr. Piet Wassenaar het bevestig dat hulle oproepe van mense gekry het dat die seekoeie in die rigting van die Impunzi myn, Kriel se kant toe, op beweeg.

•As mense die seekoeie opmerk, bel mnr. Wassenaar by 082 870 4124.

Die seekoeie beweeg byna daagliks kilometers verder.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version