News

Tot elf skote afgevuur, twee met pistole

Tot elf skote is Sondagoggend afgevuur, waar drie voertuie van I-Cars getref is in die parkeerterrein naby die Hoofkantoor kuierplek.

Twee mans is voor die skietery met wapens gesien. Die een het ’n bruin en swart pistool gehad en die ander een ’n swart pistool. Albei het omtrent gelyk hul wapens oorgehaal!Daar word verskil wanneer die skote afgevuur is.

Een van die jong mense wat by Hoofkantoor gekuier het (wat anoniem wil bly), sê hy het die skote gehoor in die tyd nadat ’n jong man met ’n glas in die gesig geslaan is.

Volgens hom was Hoofkantoor nog oop en was dit in die tyd vandat die jong man weg is hospitaal toe vir steke en voordat hy terug gekom het om die personeel van die kuierplek daarvan te verwittig. Die jong man wat in die gesig geslaan is met die glas, het kort voor 04:00 die personeel van die voorval in kennis gestel.

’n Ander man (wat ook verkies om anoniem te bly) sê hy het eers omstreeks 02:00 by Hoofkantoor aangekom.

“Die voorval waar die persoon met die glas in die gesig geslaan is, was toe al verby.”

Lees ook: Met glas in gesig geslaan, drie voertuie raakgeskiet tydens geveg

Kort voor 04:00 is hy na buite om te ry, toe hy opmerk dat daar ’n paar mense buite staan.

Hy het gesien hoe “een outjie wat goed onder die prop was” begin moeilikheid soek het met ander mense en daarop uit was om te baklei. Daar was ook ’n rondstampery.

“Die outjie se meisie het hom gekeer en gesê hulle moet ry. Dit is toe dat ek die twee mans met die pistole agter die meisie opmerk. Die een het ’n bruin en swart pistool gehad en die ander een ’n swart pistool. Albei het omtrent gelyk hul wapens oorgehaal!”

Die man sê hy het nie gebly om te sien wat verder gebeur nie en in sy kar gespring en gery. Hy ken ook nie die mans wat die wapens gespan het nie.

“Ek het beslis nie skote gehoor tussen 02:00 en 04:00 toe ek by Hoofkantoor was nie.”

•Die voorval waar die jong man met die glas in die gesig geslaan is, het omstreeks 01:30 plaasgevind.

•Me. Yolandé Featherstone (van Hoofkantoor) sê sy het ook nie skote gehoor voor hulle toegemaak het kort na 04:00 nie.

Sy het egter erken dat indien daar wel skote buite sou geklap het, net mense wat buite sou wees dit gehoor het, aangesien die skote nie bo die harde musiek hoorbaar sou gewees het nie.

•Nog ’n persoon wat anoniem wil bly, sê daar is daardie nag omtrent 11 skote geskiet.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button