Steeds geen arrestasie na messtekery op video vasgevang is

’n Duidelike registrasienommer én bewyse van CCTV videomateriaal wat wys hoe ’n man met ’n mes gesteek word, is nie genoeg om ’n arrestasie te maak nie.

Mnr. Tobie Prinsloo is op 31 Mei in die vroeë oggendure twee keer met ’n mes gesteek in Cowen Ntulistraat.

CCTV Videomateriaal het later gewys hoe die voertuig langs hom stop, ’n persoon uitspring en hom met die mes in sy skouer en arm steek vir sy selfoon.

Op die videomateriaal kan ’n mens die registrasienommer van die voertuig sien.

Die videomateriaal het presies gewys watter kar dit was wat by hom gestop het. ’n Mens sien ook hoe die passasier uitspring en mnr. Prinsloo dadelik begin aanval. Die bestuurder van die voertuig het gesit en kyk hoe die aanval plaasvind.

Mnr. Prinsloo is al twee keer deur die ondersoekbeampte in die saak gekontak.

Die eerste keer is gesê dat hy by die adres was van die persoon wie die eienaar van die voertuig is en dat daar niemand tuis is nie.

Lees ook: Man twee keer met mes gesteek vir selfoon

Maandag het hy op mnr. Prinsloo se vraag of daar enige nuwe verwikkelinge in die saak is, vir hom nee gesê, maar dat hy steeds besig is met die ondersoek.

Die videomateriaal wys duidelik hoe hy met die mes gesteek word.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version