News

Kinders se vreugde oor maskers

As ek ’n grootmens was sou ek minder omgee oor wat nou ’n ligte verkoue is, as die huidige brandstofprys.

“Maskers het die glimlagte van die wêreld weggeneem en die wêreld het vaal en dood gelyk, asof daar geen toekoms vir die mensdom was nie.”
www.mobservver.co.za het by ons dorp se kinders gaan hoor hoe voel hulle oor ’n nuwe maskerlose wêreld. Ons was verras deur hulle kommentaar.

Carla Venter het die ongelooflike sterk stelling gemaak dat maskers die wêreld se glimlagte gesteel het.

Carla, van Laerskool Staatspresident C.R. Swart: Tydens die pandemie was ons almal verplig om maskers te dra. Wie kon ooit gedink het dat so ’n klein aanpassing so ’n groot irritasie kon wees? Twee en ’n half jaar later kan ons weer sonder maskers rondloop. Ons kan weer saam met vriende en familie kuier en uiteindelik sonder ’n masker skool toe gaan! Stadig maar seker herstel die mensdom van hierdie pandemie en ons ekonomie word sterker. Hierdie is ’n bewys saam met die Here kan ons enige iets oorkom!

Simonette Bothma: Om maskers te dra maak ’n mens gek! ’n Masker laat mens jeuk, sleg voel en steek jou wonderlike glimlag weg! Ons het amper twee en ’n half jaar met maskers gesukkel! Sjoe, maar dit vat lank om gewoond te raak. Hoe voel ek nou dat maskers weg is? Ek voel vry en opgewonde! Vir eens in my lewe is my gesiggie wawyd oop vir die wêreld om te sien. Nou kan almal my hoor as ek praat, want daar is nie ’n stuk lap tussen my mond en die ander persoon se oor nie. Die wêreld skyn helder sonder maskers.

Simoné Marx Jy sien geen gevoelens van mense nie, hoe gaan jy weet of iemand baie gelukkig is of baie hartseer is? Lockdown! Dit was die heel ergste! Hoe het almal oorleef? Ek kon nie. Ons het nooit my vriende of familie gesien nie. Ons kon nêrens heen gaan nie. Die wêreld was stil en dood! Amper drie jaar van maskers. Net om daaraan te dink maak my gek. Die pandemie het almal se lewens van die spoor afgegooi. Dit voel vir my kinders kon nie alles doen wat hul moes en wou doen nie. Maskers het vir ons bewys ons kan dankbaar wees, vryheid van die lewe beleef en asem haal.

Willem du Plooy: Met ’n masker aan het ek soos ’n vis op droë grond gevoel, gevangene in my eie lyf. Ek asem twee maal dieselfde asem in en voel asof ek wil hiper-ventileer. Kommunikasie was vertraag en emosies was onmoontlik om te sien. Wel, ten minste kan my sussie ophou babbel.
Nou, aan die einde van ’n masker dilemma is ons terug by die nuwe-ou normaal. So vry soos ’n voël in die lug is ons weer. Uit met maskers en in met glimlagte. Uiteindelik kan ons weer wys hoe trots ons is en hoe mooi ons is.

Edward Harris: Ek onthou president Cyril Ramaphosa se eerste boodskap aan die land rankende die pandemie en maskers asof dit gister was. Hy het aangekondig dat maskers verpligtend is as jy uit jou huis uit gaan en dit gaan die nuwe normaal word. Ek het maskers gehaat. Ek het nie normaal asem gehaal nie en my gesig het heeldag lank gesweet. Ek het nie geweet jou gesig sweet nie! So min soos wat ek daarvan gehou het om maskers te dra, so min het ek daarvan gehou om eenhonderd keer per dag my gesig te krap. Sjoe! En was ek nie geïrriteerd deur die mense wat hulle maskers onder hulle neuse gedra het nie. Wat? Wil jy vir my Corona gee? Ek is vandag “super” gelukkig. 23 Junie 2022, voor eerste periode het mnr. Hein Geldenhuys aangekondig dat ons nie meer maskers hoef te dra nie. Ek, soos die res van die skool was stralend van vreugde. As ek ’n grootmens was sou ek minder omgee oor wat nou ’n ligte verkoue is, as die huidige brandstofprys.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button